0
No products in the cart.
Salm Bakkie
Datum
Februarie 6, 2025
Salm Bakkie
- BEDIEN: 4 mense
- VOORBEREIDING TYD: 30 minute
Bestandele:
- 500g salm filette, in stukke gesny sonder vel
- 1 koppie (180g) rys (Jasmynrys, bruinrys)
- 3 eetlepels rys asyn of vars suurlemoen
- 1/2 teelepel sout
- 1 eetlepel heuning
- 1 teelepel bruinsuiker of versoeter
- 2 eetlepels sojasous
- 1 teelepel sesame olie of olyfolie
- 1/2 teelepel gerasperde knoffel
- 1/2 teelepel gerasperde gemmer
- 1 eetlepel Sriracha, opsioneel (of enige warm
- sous waarvan jy hou)
- 4 uie, gekap
- 2 eetlepels sesamsaad
- 150g edamame bone
- 1 avokado, in skywe gesny
- Garnering: Spriet uie en komkommer
Metode:
- Maak die Teriyaki-sous deur die heuning, sesamolie, sojasous, knoffel, gemmer en Sriracha in ‘n klein bak te meng. Verhit olie in ‘n pan oor medium hitte en voeg die salmfilette in blokkies by. Verbruin die salm vinnig aan alle kante, gooi dan die Teriyaki-sous oor die salm. Draai die hitte hoog en roer om die salm in sous te bedek; Kook op hoë hitte totdat die salm goudbruin en gaar is na jou smaak.
- Om bakkies te maak, begin deur die rys te kook. Maak intussen die sous met rysasyn, bruinsuiker en sout in ‘n klein bakkie te meng. Wanneer die rys gereed is, gooi die slaaisous oor en roer om die rys te bedek. Verdeel die gaar rys tussen bakkies en sprinkel die rys met sesamsaad oor. Voeg edamame en gesnyde avokado by elke bak.
- Jy kan die groente of vleis met enige ander vleis of groente soorte vervang, soos byvoorbeeld hoender en broccoli.

Oor Corli
Corli Prinsloo is 'n dinamiese en talentvolle kulinêre spesialis, geliefd vir haar opregte passie en kreatiwiteit in die kombuis.
Kontak
Algemene navrae info@corli.co
Rekeningnavrae accounts@corli.co.
Adres
Corli's Kitchen, Unit 4B, Building 2, Silverwoods Office Park, Silverlakes Drive, Pretoria, 0184, South Africa
