0
No products in the cart.
Moderne Pap en Vleis
Datum
Februarie 6, 2025
Moderne Pap en Vleis
- BEDIEN: 4
- VOORBEREIDING TYD: 30 MIN
- KOOK TYD: 45 MIN
Bestandele:
- 1-2 groot stukke Kruisskuif
- 1 pakkie roket blare
- Corli olyfolie
- 80ml gerasperde parmesaan kaas
- 2 koppies gaar mieliepap
- 1 koppie cheddar kaas
- “The Mix” spesery (na smaak)
- Geroosterde tamatie op takkies
- 1-2 pakkies lays aartappelskyfies
- Sout en peper na smaak Mini groen kruie blare
Metode:
- Maak twee koppies mieliepap gaar, meng met koppie gerasperde cheddar kaas, voeg “The Mix” speserye by die mengsel.
- Maak balletjies en druk in plat kringe of “groot muffin” pan.
- Bak in die oond vir ongeveer 6 min op 180°C, net tot kaas gesmelt het en goudbruin kleur vertoon. Rooster die tamatie takkies, (sprinkel met sout, peper en olyfolie) saam in aparte oondpan tot gerooster.
- In tussen kan jy die steak braai tot gaar, laat rus vir paar minute voor jy dit in repies sny.
- In ‘n glasbak, meng olyfolie, gerasperde parmesan, sout en peper. Voeg die roket blare by en meng goed deur.
- Opdiening, plaas jou pap basis eerste, dan roket slaai aan kant. Plaas nou die tamatie, lays chips bo op en aan kant.
- Garneer met mini kruie blare en swart peper.
- Hierdie dis kan ook as ontbyt bedien word, vervang die plankie vleis net met spek en eiers.

Oor Corli
Corli Prinsloo is 'n dinamiese en talentvolle kulinêre spesialis, geliefd vir haar opregte passie en kreatiwiteit in die kombuis.
Kontak
Algemene navrae info@corli.co
Rekeningnavrae accounts@corli.co.
Adres
Corli's Kitchen, Unit 4B, Building 2, Silverwoods Office Park, Silverlakes Drive, Pretoria, 0184, South Africa
