0
No products in the cart.
Maklike Kaaskoek
Datum
Februarie 6, 2025
Maklike Kaaskoek
- Warning: Undefined array key "tags" in /usr/www/users/corlietbmb/wp-content/plugins/elementor/core/page-assets/data-managers/font-icon-svg/font-awesome.php on line 45 Warning: Trying to access array offset on null in /usr/www/users/corlietbmb/wp-content/plugins/elementor/core/page-assets/data-managers/font-icon-svg/font-awesome.php on line 48 Warning: Trying to access array offset on null in /usr/www/users/corlietbmb/wp-content/plugins/elementor/core/page-assets/data-managers/font-icon-svg/font-awesome.php on line 49 Warning: Trying to access array offset on null in /usr/www/users/corlietbmb/wp-content/plugins/elementor/core/page-assets/data-managers/font-icon-svg/font-awesome.php on line 50 BEDIEN: 8-10
- VOORBEREIDING TYD: 10 MIN
- KOOK TYD: 5-8 MIN
Bestandele:
- 1 kg dubbel gewone joghurt
- 1 blikkie kondensmelk
- 1 pakkie tennis beskuitjies
- 125g gesmelte botter
- 20 ml vars suurlemoensap
- 125ml makadamianeute, opsioneel
- 1 eetlepel makadamia-olie, opsioneel
- 1 koppie witsuiker
- 2 eetlepels heuning
- 100ml opgekapte makadamianeute
Metode:
- Gebruik ‘n glas pyrex reghoekige bak, of enige ander mikrogolf glasbak.
- Maak die tennisbeskuitjies fyn in ‘n plastiek sakkie en voeg die opgekapte neute by die fyn koekies. Meng die gesmelte botter goed deur.
- Druk die koekies vas teen die onderkant van jou bak, gebruik jou plat vingers of die agterkant van ‘n groot opskep lepel.
- In ‘n aparte glasbak, meng die joghurt, kondensmelk en vars suurlemoensap met ‘n balon klitser.
- Skep nou die beslag bo op die koekielaag.
- Plaas die bak in die mikrogolf vir 5-6 minute op hoe hitte.
- Laat dit tot kamer temperatuur afkoel en plaas dan oornag in die yskas.
- Om die pralien te maak, gebruik ‘n skoon pot, gooi die suiker en 2 eetlepels heuning in die pot, oor medium hitte laat jy die suiker en heuning smelt tot goudbruin en hardepunt stadium, net voor jy dit in ‘n bakplaat met bakpapier uitgooi, voeg jy die opgekapte makadamianeute by. Passop die suiker is kokend warm.
- Vir garnering gebruik jy klaargekoopte karamel stroop of “caramel treat”, net met bietjie room gemeng, om dit meer vloeibaar te maak. Dit gooi jy bo op die kaaskoek asook die makadamia-pralien wat in stukke gebreek is.

Oor Corli
Corli Prinsloo is 'n dinamiese en talentvolle kulinêre spesialis, geliefd vir haar opregte passie en kreatiwiteit in die kombuis.
Kontak
Algemene navrae info@corli.co
Rekeningnavrae accounts@corli.co.
Adres
Corli's Kitchen, Unit 4B, Building 2, Silverwoods Office Park, Silverlakes Drive, Pretoria, 0184, South Africa
