0
No products in the cart.
Geroosterde tamatie sop
Datum
Februarie 6, 2025
Geroosterde tamatie sop
- BEDIEN: 4-6
- VOORBEREIDING TYD: 15 MIN
- KOOK TYD: 30 MIN
Bestandele:
- 10 groot ryp tamaties (enige mediumgrootte tamaties)
- 1 rooi soetrissie peppers(red peppers)
- 4 eetlepel olyfolie, verdeel
- fyn seesout en varsgemaalde swartpeper
- 1 groot wit of bruin ui, in blokkies gesny
- 1 eetlepel tamatie “paste”
- 1 eetlepels worcestersous
- 2 eetlepels Mrs Balls blatjan
- 2-4 vars knoffel huisies, fyngekap
- 1 teelepel gerookte paprika
- 1 teetlepel rooipepervlokkies
- 3-4 koppies groenteaftreksel
- 1 eetlepel bruin suiker
- 1/2 koppie vars basiliekruidblare
- 250 ml vars room
- Addisioneel: 1/2 kop gerasperde parmesan kaas
Metode:
- Neem ‘n bakplaat en verhit oond tot op 180 grade. Sny die tamatie en rooi soetrissie, sprinkel olyfolie, sout en peper oor. Rooster in die oond vir ongeveer 25 min of tot gaar.
- In die pan braai die uie met olyfolie tot goudbruin. Voeg die knoffel ook in die pan.
- Voeg nou die geroosterde tamaties en soetrissie ook in die pot.
- Asook die tamatie paste, worcestersous, blatjan, paprika, rissie vlokkies, suiker en groente aftreksel.
- Laat prut vir ongeveer 15 min.
- Voeg nou die basielie kruid blare en room by.
- Blits met ‘n voedselverwerker, tot gladde tekstuur. Room kan ook eers na blits bygevoeg word.
- Garneer met blokkies geroosterde aartappel blokkies , druppels room, peper, sny parmesan kaas en vars basil blaar.
- Hierdie sop kan ook as heerlike sous in pasta gebruik word. Die sop sal vir 4-5 dae vars in die yskas bly of is heerlik om gevries te word.

Oor Corli
Corli Prinsloo is 'n dinamiese en talentvolle kulinêre spesialis, geliefd vir haar opregte passie en kreatiwiteit in die kombuis.
Kontak
Algemene navrae info@corli.co
Rekeningnavrae accounts@corli.co.
Adres
Corli's Kitchen, Unit 4B, Building 2, Silverwoods Office Park, Silverlakes Drive, Pretoria, 0184, South Africa
